Cele weer in die spervuur

ʼn Persberig waarvan die opskrif lui, “Boere moenie kla as hulle seerkry nie” wat glo deur Minister Cele gesê is, maak weer opslae in die media, sowel as in die sosiale netwerk.

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het Woensdag gesê hy voel gekul na die bevinding van die Media Ombudsman se uitspraak oor die aangeleentheid.

Die uitspraak is tydens die verhoor op Senekal gemaak, wat menige landbouer woedend gemaak het, want boere sê hulle kla nie as hulle seerkry nie, hulle kla as hulle uitgemoor word.

Intussen het politieke ontleders hulle ontevredenheid uitgespreek met die minister se klaarblyklike onvermoë om die geweld te stop soos wat onlangs ondervind is. Verskeie polisiebeamptes is doodgeskiet, ander se vuurwapen is van hulle afgeneem, en bende geweld styg sodanig dat Wes-Kaapse kinders bevrees is om soggens skool toe te gaan.