Britte wil SA so help

Die Britse Hoë Kommissie het aangekondig dat die Britte meer as R64 miljoen sal allokeer na Suid-Afrika ter ondersteuning van 10 aspekte wat met klimaat verandering verband hou.

Die bydrae sal glo die projekte in Suid-Afrika ondersteun onder die vaandel van die Verenigde Koninkryk se Partnering for Accelerated Climate Transitions.

Die organisasies wat leiding sal neem in die projekte sal saam met ander vennote bou aan bewusmaking veldtog teen sal selfs tegniese bystand verleen aan nasionale en provinsiale strukture, sowel as aan munisipaliteite en ander belanghebbendes wat inkoop op projekte.

Plaaslike sowel as internasionale organisasies sal meedoen saam met ander privaat instansies en nie-regeringstrukture sowel as burgerlike gemeenskappe.

Alhoewel die bystand verleen word om mense in Suid-Afrika meer bewus te maak van klimaat verandering, is daar kommer uitgespreek dat die fondse behoorlike administrasie sal vereis om te voorkom dat nog ʼn geleentheid vir korrupsie oopgestel kan word.