Brasilië: Virus sterftes skiet die hoogte in

Brasilië het vir die tweede dag agtereenvolgens rekord getalle aangekondig van pasiënte wat gesterf het weens koronavirus infeksie, en hospitale is oorlopens vol met nuwe pasiënte terwyl Hoësorg eenhede op volle kapasiteit is.

Die sterftes van tot 1,910 per 24 uur is die hoogste wat nog in die land aangeteken is, en dokters sê dit is nog nie die ergste nie, want die toename in infeksies toon dat die grootste krisis nog verwag kan word.

Die vorige dag was die sterftes op 1,640 gestel vir die 24 uur tydperk,  volgens die land se amptelike verslae.

President Joe Biden van Amerika het gesê die verhoogde getal infeksies en sterftes kan toegeskryf word aan die onverantwoordelike besluit om maskers te laat vaar in twee van die land se deelstate.

Met byna 260,000 sterftes wat aangeteken is, word Brasilië nou die land met die tweede meeste sterftes in die wêreld, met die VSA in die eerste plek met byna 500,000 sterftes.