Boomplantdag by Volkseie museum

Tydens ‘n boomplantdag op 24 Oktober 2020 by die Volkseie museum in Kleinfontein, het die plaaslike tak van die Calvinistiese Alliansie ‘n Witstinkhout boom daar geplant.

Agt lede van die Calvinistiese Alliansie wat dames ingesluit het, het die geleentheid benut om die boom te plant en dit was ‘n geval van “vele hande maak ligte werk” en in ‘n japtrap was die gat vol grond, kompos, kunsmis, water en kon die natuur voortgaan met die groei proses.

Die boom is later omhein want die njalas het uitgevind van die boom en die nodige “snoeiwerk” is deur hulle gedoen.