Billike besteding na vryheid?

SA se openbare besteding het sedert 2010/11 bykans verdubbel, terwyl dienslewering en “transformasie” spreek van agteruitgang op haas elke terrein.

Sekerlik die mees skandalige uitgawe is die die bykans 60% van besteding aan personeel.

Gemeet aan die onbevoegdheid (ten beste) en algehele afwesigheid van afdwingbare standaarde van eerlikheid of produktiwiteit, is hierdie koste onregverdigbaar.

En in die nadraai van 2020 – waarin byna elke belastingbetaler inkomste verloor het – is dit ‘n bitter pil dat staat-salarisse ELKE maand betaal was.

Staatskuld kos belastingbetalers in die volgende jaar R 270 miljard.

Regering-skuld het vanaf sowat R 200 miljard in 2000/2001 gegroei tot (amptelik) meer as R 3 500 miljard in 2020.

 Voordat R 500 miljard se lenings aangegaan is vir Covid-verligting …

Voordat minstens nóg R 3 000 miljard se skuld waarvoor die regering as finale waarborggewer sal moet instaan, in ag geneem word …

Hierdie skulde is tot groot mate die koste van staatskaping, dienste wanbetaling deur ANC-ondersteuners, grootskaalse en deurlopend jaarlikse wanbesteding deur kaders.

Van die (relatief) kleiner items sluit in besteding aan:

            “tradisionele leiers” kos die belastingbetaler meer as R 300 miljoen jaarliks.

            parlementslede kos ons meer as R 500 miljoen – vir weinig van waarde.

jarelange “reddingsboeie” – sogenaamde “beleggings” – in openbare ondernemings beloop miljarde jaarliks.

Selfs aanvaarbare staatsbesteding aan dienste soos onderwys, gesindheid, openbare infrastruktuur word tot groot mate verspil, gemeet aan die resultate.

Al wat vinniger daal as die skole slaagsyfer, is die standaard en vlak van geletterdheid van matrikulante.

            En die stand van openbare hospitale spreek vanself …

Juis die afwesigheid van deeglike verantwoordbaarheid van sowel amptenare as politici toon dat daar dringende regstellings vereis word.

Met die huidige strukture sal meer belasting invordering bloot lei tot meer vermorsing.

DIENS moet terug in staatsdiens en die vakbondwese behoort uit die openbare sektor verban te word.

DIENS moet ook die wagwoord wees vir regerende strukture.

            Hoe kan politici toegelaat word om hul eie vergoeding te bepaal?

Dit is ook insiggewend dat GEEN opposisie partye hul eie vergoedings wil verlaag nie …

            Politici praat baie graag oor armoede.

In SA lewe baie op minder as die minimum loon; gemiddelde huishoudelike salaris inkomste is sowat R 15 000 per maand.

            Politici verdien vanaf R 96 000 per maand, tot meer as R 200 000 per maand…

In SA oorheers die meerderheidswil.

Maar die invloedryke middelgrond van betalers is oneffektief weens beginsellose blindheid wat die politieke bedeling afgedwing het op die denkende, werkende minderheid.

Uiteindelik is hierdie onbillike besteding ʼn feit wat ons nie kan verander nie. 

KOM ONS MAAK DIT DIE AANSPORING TOT ʼn HERNIEUDE VERBINTENIS TOT VRYHEID.