Biden regering veroorsaak skokkende tonele

Senatore van die Amerikaanse Republikeine het skokkende tonele vrygestel gedurende die afgelope naweek oor wat besig is om te gebeur op die grens met Meksiko waar honderde onwettige immigrante die VSA binnekom.

Die Biden regering se vêr linkse beleid oor immigrante het tot gevolg dat skok tonele oor immigrante en hulle kinders wat die VSA binnegaan en ʼn “grens krisis” veroorsaak.

Senator Ted Cruz, Republikein van Texas het gesê dit is onmenslik en verkeerd, asook die direkte gevolg van Joe Biden se administrasie wat beheer verloor het oor die grens, in plaas daarvan dat hulle die muur waarmee Trump begin het, klaar oprig.

Foto’s is vrygestel waar die onwettige immigrante op beton platvorms in die ope lug moet slaap terwyl die nagtemperatuur benede vriespunt is.