Beurtkrag is terug

Met Suid-Afrika se ekonomiese toestand wat die onbenydenswaardige titel gekry het van rommelstatus, help Eskom die land nog verder die afgrond in.

Vanaf vandag tot minstens Vrydag is beurtkrag weer op die spyskaart, en sal menige huishoudings en sakeondernemings gebuk gaan onder die ongerief daarvan.

Die sogenaamde onvoorsiene onderhoud het die plek ingeneem van die steenkool wat intussen droog geword het en nie meer die blaam kan kry nie.

Sakelui het hulle skok en teleurstelling uitgespreek omdat geen vooraf waarskuwing die sakewêreld op gereedheid geplaas het nie.

Vir elke dag waar beurtkrag toegepas word, verloor die Suid-Afrikaanse ekonomie miljarde Rand, en sommige ekonome beweer dat dit nie behoorlik berekenbaar is watter skade Eskom werklik per dag aanrig met beurtkrag nie.