Armlastige SA wil parlement skuif

Die Gesamentlike Staande Komitee van die Finansiële Bestuur het sy steun verleen aan die hernude poging van die ANC regering om die parlement te verskuif na Pretoria.

Die mede-voorsitter van die Komitee, ene Dikeledi Mahlangu, het glo gesê die komitee is gewillig om na die aangeleentheid te kyk, en sal waarskynlik die verskuiwing in fases laat plaasvind.

Baie vooraf studie en berekenings sal egter nodig wees alvorens die verskuiwing finaal oorweeg kan word, veral in die lig van die ekonomiese status van die land wat so ʼn verskuiwing nie kan bekostig nie, word gesê.

Vorderings verslae sal glo van tyd tot tyd beskikbaar gestel word wat al die moontlikhede sal ondervang om aan die parlement voor te lê nadat dit deur die Komitee opgestel en goedgekeur is.

Dit is nou die derde poging van die ANC regering om die parlement geskuif te kry, en kenners reken dit kan wel sekere voordele inhou op die lang duur, maar met SA wat tans in rommelstatus verkeer, en sit met meer as R3,5 duisend miljard se skuldlas, behoort sulke projekte op die agterste ry te laat bly.