ANC sê naamsveranderings verbeter diens

PE

Die ANC wil sy ideologie van naamsverandering van strate, dorpe, stede en gebiede regverdig met die gedagte dat dit dienslewering sal verbeter.

Die drogredenasie kom na vore nadat hewige kritiek die regime getref het nadat verskeie plekke in die Oos-Kaap se name verander is na woorde wat onuitspreekbaar is, sê ʼn bekende volkekundige.

Indien dit werklik so sou wees, dan was Witbank seker een waar die diens sou verbeter, en Pietersburg sou ook ʼn pragtige model van dienslewering gewees het.

Die waarheid is egter dat beide hierdie twee redelike groot dorpe (of stede) se dienslewering uiters swak is terwyl die munisipale skuldlas skrikwekkend groot is in beide gevalle.

“Die ANC se liegstories sal niemand wat helder van verstand is, om die bos lei nie”, het die volkekundige gesê.