ANC in verdeeldheid oor Ace

Die besprekingsdokument van die ANC wat handel oor die toekoms van die Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, asook ander lede wat kriminele vervolging in die gesig staar, het die verdeeldheid in die party verder verdiep.

Die verdeeldheid oor Magashule is gegrond op die veronderstelling dat hy oortredings begaan het as premier van die Vrystaat, en nou sy pos moet ontruim, maar die Zuma-faksie staan dit teen, wat die verdeeldheid verder veroorsaak en kan lei tot afsplintering.

Die erns van die saak is juis omdat die Nasionale Uitvoerende Komitee nie eenstemmig is nie, en derhalwe word die buitestaanders byna moreel verplig om kant te kies, wat ʼn “onoorkomelike situasie van verdeeldheid” verhoog.

Ingeligte bronne beweer dat die spanning Sondag namiddag by breekpunt was, en toe verskillende menings geuiter is oor die ANC se Integriteit Komitee se verslag dat Magashule moet terugstaan sodat iemand anders as sekretaris-generaal aangewys kan word, kon die verdeeldheid nie meer verder verhoog nie.

Met die groot verdeeldheid wat bestaan, kon geen finale beslissing gemaak word nie, wat waarskynlik ook die onderlinge “steunwerwing” vir of teen die Zuma faksie gaan laat toeneem.

Meningsvormers reken die uitkoms van die besluite in die Nasionale Uitvoerende Komitee gaan uiteindelik bepaal wie van die ANC die regering sal vorm.