Agt hommeltuie val olieraffinadery aan

ʼn Regeringswoordvoerder in Saoedi-Arabië het bevestig dat sy olie aanleg deur Houthi magte aangeval is met agt hommeltuie wat feitlik gelyktydig op die aanleg afgestorm het.

Intussen het Houthi magte beweer dat hulle ook die militêre strukture van Saoedi geteiken het, maar eers die opgaar tenks van die olie aanleg aangeval het wat in sekere afdelings aan die brand geslaan het.

Saoedi se woordvoerder sê die brand het ontstaan nadat ʼn vyandige projektiel van die Houthi rebelle dit getref het.

Die aanval kom op die dag wat Saoedi-Arabië sy sesde jaar van betrokkenheid in Jemen se burgeroorlog herdenk het,

Die Houthi rebelle het in ʼn TV program verantwoordelikheid aanvaar vir die voorval, en is glo ʼn effektiewe mag in die hand van Iran se militêre magte.

Die rebelle maak ook daarop aanspraak dat hy verskeie ander olie aanlegte aangeval het en sukses behaal het daarmee.