Zuma se woer-woer werk steeds

Dit is asof die hele ANC bang is om die wetsoortreeder volgens wet te vervolg soos wat enige iemand ander vervolg sou word.

Die weiering om voor die Kommissie te verskyn oor Staatskaping was al genoeg rede vir summiere optrede toe Jacob Zuma sonder toestemming die Zondo-Kommissie se lokaal verlaat het.

Nou het Zuma gesê hy weier steeds te midde van die feit dat die Konstitusionele hof beveel het dat hy Maandag voor die Zondo-kommissie moet verskyn.

Om die hoogste hof se bevel te ignoreer is werklik meer as om arrogant te wees, en politieke ontleders sê dit is deel van die Staatskaping wat nou na vore kom.

Die weiering om gehoor te gee aan die Hof, het nou ʼn president geskep wat in die toekoms vele probleme kan oplewer, veral as iemand anders nou nie soos Zuma behandel gaan word nie.