Zuma probeer nie weer wegbly

Die ANC se voormalige president, Jacob Zuma, se planne is klaarblyklik nog nie gedaan nie, want hy gaan waarskynlik Rusland toe vir beweerde mediese behandeling wat daarop dui dat hy ten minste iewers geld het vir die duur reis en behandelings.

Zuma se familie woordvoerder, Edward Zuma, sê egter sy pa is nie oppad na Rusland nie en het enige berig in die verband wat beweer dat hy van voorneme is om mediese behandeling in Rusland te ontvang, geheel en al verwerp.

Gerugte wat rondtrek in die sosiale netwerk is deur Jacob Zuma self ook verwerp en hy sê daar is geensins so ʼn moontlikheid nie.

Edward, die oudste seun van Jacob Zuma sê daar bestaan geen waarheid in die berigte nie en dit is onvanpas om so ʼn bewering te maak.

Ingeligte bronne reken die gerugte op die sosiale netwerk is fop nuus en behoort nie toegelaat te word op die netwerke nie.