Zuma kap na SA Parlement

Jacob Zuma, wie vir ʼn geruime tyd as president, die parlement beskou het as ʼn doeltreffende instrument in die hand van die ANC regering, het nou skerp kritiek gelewer oor die instelling.

Zuma het ondermeer ook gesê dit is nodig dat die parlementslede onderling meer respek vir mekaar moet toon, en hy het van verskeie voorvalle melding gemaak waar ernstige verskille tydens sittings ondervind is.

Politieke ontleders wys egter daarop dat Zuma self ook verantwoordelik was vir ernstige botsings in die parlement, wat nie juis van groot respek vir mekaar openbaar het nie.

Ernstige vrae word geopper oor sy houding teenoor regter Raymond Zondo, en die gevolglike implikasies wat dit inhou vir die regstelsel in die land.

Die voormalige president moet ook eersdaags in die Hooggeregshof van Pietermaritzburg verskyn op aanklag van korrupsie in die veelbesproke wapenskandaal met ʼn Franse wapen vervaardiger.