Zuma en Zondo meet kragte

Die Zuma regsverteenwoordiger se brief aan die Zondo Kommissie oor Staatskaping het nie onverwagse inhoud gehad nie, aangesien die oud-president verskeie kere gesê het hy weier om voor die Kommissie te getuig te midde van die hoogste hof se bevel wat Maandag nie nagekom is nie.

Die Zondo Kommissie se voorsitter Regter Raymond Zondo, het nou glo skriftelik versoek dat die Grondwethof moet beslis watter optrede nou nodig is na die ernstige oortreding begaan is deur Jacob Zuma.

Waarnemers reken die voorsitter van die Kommissie is uiters versigtig om nie enige optrede te volg wat ongrondwetlik kan wees nie, maar deskundiges sê die eerste stap is om Zuma te arresteer op grond van sy optrede om nie die hoogste hof se bevel te gehoorsaam nie.

Dit is egter duidelik dat Jacob Zuma die ANC geledere nie net dieper verdeel nie, maar self ook poog om meer steun te werf en ook te poog om enige verhoor te ontglip deur tyd te wen.