WGO sê skerp afname in infeksies

Die Wêreld gesondheid Organisasie (WGO) het gister bkend gemaak dat ʼn besonder skerp afname in nuwe infeksies van die koronavirus aangemeld is.

Wêreldwys het die nuwe infeksies met soveel as 16% gedaalgedurende die afgelope week, en dit verbeter Japan se moontlike aanbieding van die Tokyo Olimpiese Spele wat eersdaags sal begin.

Japan is ook volstoom besig om mense te immuniseer teen die aansteeklike Covid-19 koronavirus.

Die WGO reken die baie lande wat reeds begin het met die inenting veldtog, dra by tot die daling in nuwe infeksies.

Volgens die organisasie het die nuwe infeksies en sterftes gedaal wat nuwe gevalle wêreldwyd met 500,000 laat afneem het, en dat daar nou 2,7 miljoen infeksies is terwyl die verlede week bykans 5 miljoen was

Sterftes het glo met 10% afgeneem teenoor die vorige week.