Wetstoepassers onwillig of onbevoeg

Die afgelope naweek het die wetstoepassers weereens getoon dat wet en orde nie gehandhaaf word toe honderde mense die Wes-Kaapse strand besoek het nie.

Kort nadat dit bekend geword het dat vertoë tot die ANC regering gerig is dat die inperking maatreëls versag moet word, het die Kaapse inwoners die strande bestorm en hulle in die water begeef sonder vrees vir teenstand deur die polisiebeamptes wat teenwoordig was.

By een van die strande was sowat 700 mense wat sonder maskers, sonder ok sosiale afstand in nag te neem, gretig om die seewater te geniet terwyl polisiebeamptes toekyk hoe die mense op die strand en in die see baljaar.

Waarnemers wys daarop dat die maatreëls nog nie versag of opgehef is nie en dat die strande steeds verbode terrein is, maar die mense het moeg geword vir die
onnodige” inperkings.

Politieke ontleders in Pretoria het aan Die Vryburger gesê hulle wonder of die wetstoepassers dieselfde traak-my-nieagtige houding sal inslaan as die drankwinkel eienaars ook besluit om hulle deure oop te maak.