Werkloosheid hoogste ooit

Werkloosheid is een van die tekens wat die toestand van die ekonomie aandui, en Suid-Afrika het tans ʼn enorme probleem wat nie gou gaan verander nie.

Aanvanklik het die ekonome en finansiële deskundiges gereken die 2020 werkloosheid syfers is die kruin, en dat dit voortaan net kan verbeter, maar dit was ʼn vergissing.

Die huidige statistieke toon dat werkloosheid steeds aan die toeneem is, en dit te midde van die vooruitsig dat die ekonomie effens sal verbeter.

Terwyl almal geglo het die ekonomie sal begin herstel, kom die werklikheid soos ʼn atoombom en wys daarop dat sowat 700,000 mense intussen weer hulle werk verloor het.

Behalwe dat dit maatskappye en entiteite se werkverrigting kan skade berokken, kry die staat ook soveel minder belastings wat die staatskas ook in ʼn nog moeiliker posisie plaas.

ʼn Totaal van 11.1 miljoen mense is tans werkloos, en die gevaar bestaan dat nog meer mense hulle werk kan verloor.

Gedurende 2020 het sowat 1,4 miljoen werksmense hulle werk verloor wat die werkloosheid op ʼn reuse 32,5% te staan bring, wat vergeleke met 30,8% wat dit nog in die derde kwartaal van 2020 was.