Weke lange protes laat Indië swig

Die protes optogte van derduisende ontevrede landbouers in Indië het daartoe gelei dat die Eerste Minister Narendra Modi ingestem het om met landbou leiers te praat.

Die landbouers in Indië is hoogs ontsteld oor die regering se hervormingsplan vir die landbou, en het met honderde trekkers en ander werktuie opgeruk na die hoofstad en daarmee die snelweë totaal ontwrig.

Die premier het nou ʼn amptelike uitnodiging gerig tot landbou leiers om met hom gesprek te voer oor die ontevredenheid wat bestaan.

Tienduisende landbouers sit buite die hoofstad en wag vir die moontlike oplossings wat gaan kom, maar of die boere tevrede gaan wees met wat premier Modi aanbied, sal die tyd leer.

Intussen het die duisende boere begin uitkamp op een van die land se besigste snelwee wat honderde voertuie se gereelde roete is na New Delhi. Die boere is nou reeds vir twee maande met protes aksies besig, en dit kan voedselsekjerheid in gedrang bring, word gesê.