Wantroue styg oor Boeing veiligheid

Wantroue teenoor die passasiersvliegtuie uit die Boeing stal is aan die toeneem nadat verskeie nuwe voorvalle opgeduik het.

4 Voorval waarby ʼn Boeing 747-400 vragvliegtuig van sy onderdele verloos het terwyl die tuig besig was om op te styg, is die jongste voorval wat kommer wek.

Die vliegtuig het opgestyg van die Maastricht lughawe toe onderdele losgekom en grond toe geval het, wat nou deur Nederland se deskundiges ondersoek word.

Onbevestigde berigte luis dat dit masjien onderdele is wat losgekom het toe dit oor ʼn dorp in die land die afgelope Saterdag, gevlieg het.

Klein metaal onderdele het grond toe geval toe die tuig oor die Nederlandse dorp Meerseen gevlieg het en ʼn dame beseer het.

Die vragvliegtuig was geskeduleer om van Nederland na Washington te vlieg, maar die eienaardige breekskade het verhinder dat die vlug onderneem is.

Vroeër verlede week het ʼn Boeing 777 van United Airline ook probleme gegee, en baie mense afgeskrik wat verdere reise met Boeing wil vermy.