VSA vliegdekskepe in Suid Sjinese See

Twee Amerikaanse vliegdekskepe met ʼn aantal vegvliegtuie aan boord, is met ʼn spesiale oefening besig in die Suid-Sjinese See wat deur die kommunistiese regering van Beijing beskou word as sy gebiedswaters maar deur die VSA geïgnoreer word.

Die twee oorlogskepe vaar glo na aan die kunsmatige eiland wat die Sjinese gebou het met die doel om op onwettige wyse hulle seegebied uit te brei.

Die gebied wat weens die Sjinese se onwettige eiland die spanning tussen Sjina en Amerika verhoog het, word gereeld deur Amerikaanse oorlogskepe besoek om daarmee aan te dui dat dit internasionale waters is en nie Sjinese seegebied nie.

Die Theodore Roosevelt en die Nimitz is beide vliegtuig draers wat in die gebied naby die kunsmatige eiland gebruik as oefen terrein, wek meer spanning en groot frustrasie van Sjina wat nie durf waag om op te tree teen die twee skepe nie.