VSA Republikeine maak gereed vir verkiesing

Alhoewel die Amerikaanse presidentsverkiesing etlike maande gelede gehou is, het die Republikeine met nuwe inisiatief begin om gereed te wees vir die volgende presidentsverkiesing.

Die Republikeine se Nasionale Komitee is geherorganiseer met ʼn nuwe paneel van verkiesings integriteit om nie net deursigtigheid te bevorder nie, maar ook groter vertroue sal wek in toekomstige verkiesings.

 Die komitee sal nouer samewerking met alle betrokkenes by verkiesings bewerkstellig op ʼn nasionale vlak wat sal meebring dat beleid in stemmings sal voorkom dat ernstige dispute ontstaan soos wat gebeur het in die afgelope verkiesing toe Joe Biden die verkiesing naelskraap gewen het.

Een van die belangrikste dinge wat in werking moet kom, is die versekering dat daar genoeg toesighouers is wat stem tellery sal moniteer om bedrog te voorkom.