VSA reg vir gesprek met Iran

Die regering van Amerika sê hy is selfs bereid om die Obama ooreenkoms wat deur Donald Trump verwerp is, weer te oorweeg indien Iran daarmee tevrede sal wees.

Die Biden regering is bekommerd oor Iran se kernwapen program wat betref die verhoogde verrykte uraan wat geproduseer word.

Iran het met die vermeerdering van sy verrykte uraan produksie begin nadat Donald Trump uit die Obama ooreenkoms onttrek het weens die feit dat die akkoord Iran nie sou verhinder om kernwapens te vervaardig nie.

Die VSA het nou laat blyk dat hy gereed is om met Iran te onderhandel vir die moontlike terugkeer na die 2015 ooreenkoms wat Iran en die Obama se administrasie aanvaar het

 Joe Biden het gesê die Obama regering se ooreenkoms met Iran het bewys dat kontrole uitgevoer kon word oor wat Iran doen met die uraan verrykings program.