VSA ontevrede oor menseregte in Sjina

Die Amerikaanse diplomaat Anton Blinken het sy ontebredenheid uitgespreek oor die verkragting van menseregte in die Sjinees beheerde Hong Kong, Tibet en Xinjiang.

Die nuwe Minister van Buitelandse Sake in die VSA, Anton Blinken, sê die verantwoordbaarheid om menseregte te verkrag in die drie gebiede, moet voor die deur van Sjina gelê word.

Blinken het glo vir die Sjkinese diplomat gesê die internasionale sisteem hou Sjina verantwoordelik vir die oortreding van menseregte wat die stabiliteit is die betrokke streek benadeel, wat ook Taiwan insluit.

Hy het Sjina ook versoek om die staatsgreep in Mianmar te veroordeel, wat ʼn geringe aanduiding is dat die Trump-regering se beleid nog toegepas word oor Sjina.