VSA: Dosyne beeste op snelweg

ʼn Trop jong beeste wat uit ʼn kamp ontsnap het, en toe op die nabygelee snelweg beland het, was die oorsaak vir totale chaos in die Amerikaanse deelstaat Indiana.

Sowat 75 jong Holstein beeste het op onverklaarbare wyse ʼn opening gemaak in die heining van die boer se plaas en deurgebreek om op die snelweg te beland en te begin hardloop.

Kaptein Derek Allen, ʼn polisie beampte wat van diens af was en toe naby die gebeure was, kon met die polisie voertuig  waarmee hy gery het, gou omdraai, om bystand te verleen dat ongelukke vermy kon word.

Hy sê die beheer was baie moeilik omdat die diere half verskrik was met die geraas van aanstormende voertuie, en het gevolglik nie gestap nie, maar ook aan die hardloop gebly.

Hy kon daarin slaag om betyds met die motor voor die voorste diere kom, en met sirene en ligte wat flikker, die aankomende verkeer tot stilstand bring.

Uiteindelik kon hy en ʼn klomp vrywilligers die beeste terug jaag na waar hulle uitgekom het uit die boer se kamp, en reëlings is getref om die diere te verskuif tot die heinings herstel is.

Gelukkig is ongelukke voorkom, en kon die verkeer na ʼn tyd weer in beweging kom.