VSA blokkeer fondse van Mianmar

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het aangekondig dat sy land sal verhoed dat Mianmar toegang kry tot $1 miljard van sy eie geld indien die land se militêre Juta nie gehoor gee aan internasionale oproepe nie.

Na die staatsgreep deur weermag generaals uitgevoer is in Mianmar, het ʼn koor van besware die kapers getref om die demokraties verkose leiers vry te laat uit die tronk en om demokratiese regte van die kiesers te gehoorsaam.

Aung Saan Su Kyi, die vrou wat die Nobelprys vir Vrede gewen het etlike jare gelede, is as staatshoof op demokratiese wyse verkies om die land te regeer, maar is saam met ander verkose leiers gearresteer en in die tronk gestop tydens die onlangse staatsgreep.

Verskeie lande, en ook die VSA, het weer ʼn ernstige versoek gerig tot die weermag generaals om die mag oor te dra aan demokraties verkose leiers en hulle vry te laat uit aanhouding.

Alhoewel Joe Biden se bevel die generaals van Mianmar sal verhoed om toegang te kry tot $1 miljard, is politieke ontleders dit eens dat die gebaar geen krag dra nie en nie die generaals sal beweeg om gehoor te gee aan die eise nie.

Intussen is verneem dat die generaals weier om met die demokratiese leioers in aanhouding te gesels, en slaan ook nie ag op die “flou dreigement” van Joe Biden nie.