VN eis vrylating van Mianmar leier

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) het ʼn ernstige versoek gerig tot die militêre mag in Mianmar om Aung San Suu Kyi en ander politieke leiers wat in aanhouding is, onverwyld vry te laat.

Senior offisiere van die land se weermag het ʼn staatsgreep uitgevoer en die leier van die regerende party, tesame met verskeie ander, gearresteer en in aanhouding geplaas.

Die Veiligheidsraad waarsku dat die optrede in Mianmar kan lei tot sanksies en diplomatieke maatreëls teen die generaals wat in beheer is van die staatsgreep.

 Joe Biden van Amerika sê die militariste behoort te bedank en kan sanksies verwag wat teen die generaals ingestel sal word.

Die strate van die groot handelstad, Yangon, het gewemel van ontevredenes oor die regeringsverandering wat met die Staatsgreep gekom het.