Virus-vrees is apartheid se skuld

Die wantroue en vrese vir die inenting wat moet plaasvind teen die koronavirus, is as gevolg van apartheid, wat vrese en wantroue oor inenting veroorsaak het.

Dit is die mening van ʼn 82-jarige, ene Josefine Hlomuka, wat geen prominente persoonlikheid is nie, maar wat die regte geluide maak om die ANC se verwronge ideologieë te regverdig.

In die afgelope tyd is daar menige onder die geledere van die swartmense wat volstrek weier om ingeënt te word, en sê dit is ʼn manier om mense te manipuleer, terwyl ander glo die regering van Ramaphosa speel in die hande van die blankes wat weer apartheid wil hervat.

Die ANC president het nie verniet aangekondig dat niemand verplig gaan word om geïmmuniseer te word nie, met die beseëling dat hy daardeur probeer keer om steun te verloor in die komende verkiesings.

Na raming is sowat 30% van die anderskleuriges in die land gekant teen inenting, maar dit is slegs ʼn vermoede, en waarnemers sê dit kan selfs meer wees.