Virus ondersoek: Sjina hou inligting terug

Die Sjinese regering en die medici van die land het geweier om die “rou data” van die Covid-19 se eerste dae van waarneming aan die WGO se wetenskaplikes te oorhandig.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) se ondersoekspan word deur die weiering om die vroeë inligting waaroor Sjina beskik, beskikbaar te stel vir die wetenskaplikes se ondersoek, kelder di hele ondersoek, sê kundiges wat die hele ondersoek met valk oë volg.

Dit is juis die eerste gebeure en die hantering daarvan wat van die belangrikste gegewens is wat die wetenskaplikes nodig het om ê behoorlike ondersoek te doen.

Die WGO-span het versoek dat die rou data van pasiënte wat uit 174 persone bestaan, aan die wetenskaplikes oorhandig word, maar dit is geweier. Slegs ʼn “opsomming” van die eerste inligting is verskaf, en dit laat die vermoede bestaan dat die Sjinese besig is om belangrike inligting te weerhou vir ʼn rede wat miskien kan dui op die doelbewuste verspreiding van die koronavirus.