Virus: Nieu Seeland hoogs doeltreffend

Die regering van Nieu Seeland is vasbeslote om sy goeie status van oorwinning teen die koronavirus te handhaaf met vinnige en doelgerigte optrede.

Die afgelope naweek is drie nuwe infeksie gevalle geregistreer in Auckland, en die regering het die gebied gesluit sodat niemand kan in gaan of uitgaan nie.

Daarmee word seker gemaak dat die drie gevalle wat aangemeld is, nie verder versprei in die land nie, terwyl ondersoek gedoen word oor wie moontlik met die drie persone in aanraking was.

Die land is op rekord vir sy uiters doeltreffende kontrole om te verseker dat die Covid-19 koronavirus nie vastrapplek kry nie.