Virus: Mense kan tweede infeksie kry

Terwyl Suid-Afrika besig is om ʼn sug van verligting te gee oor die dalende aantal nuwe infeksies wat tans ondervind word, is daar egter nog ernstige kommer oor wat in die volgende maande kan gebeur.

In ʼn afsonderlike opname is gevind dat sowat 4,000 mense in die land die onbenydenswaardige posisie gehad het om vir ʼn tweede keer koronavirus infeksie op te doen.

Die bevinding wek ernstige kommer in die lig van die feit dat wetenskaplikes gevind het dat pasiënte wat die eerste keer infeksie opgedoen het, vir sowat vier tot vyf maande na hulle herstel het, immuun is teen infeksie.

Geneeskundiges waarsku egter dat mense nie die gevaar van ʼn tweede infeksie moet onderskat nie, en uiterste versigtigheid is nodig om nie blootgestel te word om weer infeksie op te doen terwyl die liggaam besig is om te herstl van die eerste geval nie.

Met Suid-Afrika wat reeds bykans 50,000 sterftes weens Covid-19 infeksie aangeteken het, is dit die land in Afrika wat die swaarste getref is, en versigtigheid is nou van belang vir elke inwoner, is gesê.