Virus: Infeksies in dalende vase

Sedert die naweek het dit duidelik geword dat ʼn vinnige afname in nuwe infeksies van die koronavirus aangeteken word, en op 1 Februarie was die totale aantal infeksies op 1,46 miljoen gevalle gestel.

Die verblydende nuus is dat die aantal nuwe infeksies op die datum gedaal het tot 2,548 gevalle en die sterftes vir die tydperk afgeneem het tot 235 gevalle.

Waarskuwings is uitgereik dat mense steeds baie versigtig moet wees en nie die bekende voorsorg maatreëls van maskers, hande was en sosiale afstand mag verslap nie.

Vrese bestaan ook dat soos in Europa, ʼn derde pandemie die land kan tref, en om dit te voorkom, is dit noodsaaklik om die eenvoudige maatreëls te alle tye tope te pas.