Virus: Honderde onderwysers sterf

In die jongste verslag word aangedui dat sowat 1,200 onderwysers en ander beamptes by skole gesterf het weens die koronavirus pandemie wat in sy tweede fase is.

Die ernstige tekort aan onderwys personeel was reeds ʼn probleem wat nie aangespreek is nie, en met die huidige verlies van meer as 1,000 onderwysers, word die probleem net groter.

Die regering het glo matrikulante wat werkloos is, betrek om die probleem tydelik aan te spreek, maar opvoedkundiges is dit eens dat die skole gister heropen het op ʼn veel laer vlak as wat die land kan bekostig.

Kinders moet steeds ʼn fisiese afstand in klaskamers handhaaf, en die tekort aan onderwysers maak hierdie toedrag van sake nie makliker nie.

Intussen sit Suid-Afrika en wag dat daar eendag entstof in die land afgelewer sal word wat die immunisering veldtog kan laat begin.

Kenners sê die R120 miljoen wat betaal is vir die nuttelose Oxford entstof, is geld onder deur die brug aangesien die vervaldatum ook in April is, wat beteken dit kan vir niks gebruik word behalwe om op die ashoop te beland.