Virus entstof veroorsaak erge spanning

ʼn Nuwe meganisme wat deur die Europese Unie ingestel het laat sy lidlande toe om die uitvoer van koronavirus entstof te stop.

Die Europese Unie sê in ʼn verklaring dat die mag wat toeken word ten doel het om die entstof “wat aan die bevolking van Europa behoort”, eerstens aan sy mense beskikbaar te stel.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het die stap skerp veroordeel en gesê  die eweredige verdeling van entstof is in belang van die vrye wêreld.

Die EU het egter bygevoeg dat die nuwe reling noodsaaklik is om te verseker dat die vervaardigers hulle vooraf opgestelde ooreenkomste sal nakom.

Die EU het miljoene dosisse entstof by die vervaardigers bestel, selfs voordat die entstof goedgekeur is, en die betalings daarvoor is ook vooruit gedoen. Daarmee wou die EU verseker dat sy bestellings eerste uitgevoer word, wat nie gebeur nie weens die oproep van die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) dat vervaardigers moet toesien dat entstof eweredig versprei word oor die wêreld.

Die spanning tussen kopers en vervaardigers van koronavirus entstof het tot spanning gelei wat later uitgebrei het na die Verenigde Nsies se afdelin vir gesondheidsdienste, en lande buite die Europese Unie is ook besig om hulle misnoeë tekene gegee met die optrede van die Europese Unie.