Verruil Nkandla vir Pollsmoor tronk

Of die eertydse ANC president, Jacob Zuma, nog onbepaald in sy spog woning van Nkandla gaan bly, en of hy dit sal moet verruil vir ʼn paar jaar in Pollsmoor, sal net die tyd ons leer.

Tot hiertoe het die owerheid gewys dat hulle nie bereid is om op te tree teen Jacob Zuma nie, want enige ander burger wat sou doen wat hy gedoen het, was lankal agter tralies.

Meningsvormers verskil wel van gedagte oor wat die uiteinde met Zuma gaan wees, en verskeie persone is van mening dat die oud-president dalk “weens ouderdom” en swak gesondheid begenadig gaan word in ʼn poging om die reuse krisis binne die ANC besweer te kry.

Ramaphosa kan moontlik agter die skerms werk dat Jacob Zuma se lot eers na die plaaslike regering se verkiesings afgehandel is. Die president sal goeie voetwerk moet doen as hy die kaarte reg wil speel.