Verdeeldheid

Die regerende ANC bewind onder leiding van president Ramaphosa is waarskynlik een van die grootste politieke krisse wat Suid-Afrika beleef in die afgelope 25 jaar van swart regering.

Ekonome is dit eens dat die skuldlas van die land nou so hoog is dat die moontlikheid van ʼn uiteindelike herstel maar net wensdenkery is wat nie gaan realiseer nie.

Die grootskaalse korrupsie waarteen kwansuis geveg word, gaan nie maklik beeindig word nie want daar is duisende wat sit en wag vir ʼnʼn geleentheid om hulleself onwettig te verryk.

Daarbenewens is die regstelsel besig om te verbrokkel, en die onvermoë om Jacob Zuma dadelik agter tralies te gooi, is ʼn duidelike teken dat almal bevange is, behalwe wanneer ʼn blanke gestraf kan word.

Die groot verdeeldheid, met verskillende groepe, en hergroepering van ander groepe binne die regime se geledere dui op ʼn stelsel wat doeltreffende regering onmoontlik gemaak het.

Een groep ondersteun Zuma, die ander vir Ramaphosa, ander steun Mboweni en ander steun Ramaphosa en Gordhan, terwyl kleiner groeperinge vir Ace Magashule sien as president, en ander glo Gordhan moet Ramaphosa vervang.

Deur dit alles heen, is daar onderlinge toutrekkery, en word Zuma se aartsvyand Malema, skielik sy hartsvriend, terwyl die MK Veterane van verloopte Niehaus kant kies teen Ramaphosa.

So ʼn unieke verdeeldheid gaan nie herstel word nie, en gaan Ramaphosa sy voetwerk moet verbeter as hy sterker wil regeer –  iets wat sterk betwyfel word.