Vals inligting laat parlementslid bedank

ʼn Parlementslid van die Australiese regering het die konserwatiewe Liberale Party bedank nadat hy klaarblyklik valse inligting bevorder het oor die behandeling en entstof vir koronavirus pasiënte.

Craig Kelly wat verskeie kere promosie gedoen het oor die pandemie en teorieë daar rondom bevorder het, het soveel druk gekry dat hy bedank het uit die party.

Kelly is ʼn lid van Eerste Minister Scott Morrison se Liberale Party en het gereeld van die sosiale netwerk gebruik gemaak, en van die vloer in die parlement om vraagtekens te plaas oor die veiligheid van die koronavirus entstof.

Hy het ook die ongetoetste bewerings oor entstof bevorder en sê hy bedank die politieke party sodat hy as onafhanklike parlementslid sy oortuigings kan bevorder.

Met Kelly se oorstap na ʼn status van onafhanklikheid, is die Eerste Minister se koalisie regering nou in die meerderheid met slegs een stem, want sy 76 uit die 151 stemme in die Laer Huis, is nou die laagste wat sy getalle kan wees om ʼn meerderheid te behou.