Vaaltyn dag

Sondag het menige mense, insluitend volksgenote, “Valentine’s Day” gevier.  Die dag word kamstig geassosieer met romanse en liefde.  As daar egter na die oorsprong van die dag gekyk word dan begin dit in antieke Rome.  Tydens 13 tot 15 Februarie het die Romeine die fees van Lupercalia gevier.  Die mans het ‘n bok en ‘n hond geoffer en dan word die velle gebruik om vrouens te slaan . Die mans was dronk en naak  en jong vrouens het in toue gestaan om geslaan te word aangesien dit hul vrugbaar sou maak.  Die fees het dan ontaard in ‘n orgie waar paartjies die volgende twee dae in seks eskapades sou verkeer. Later het Pous Gelasius I die fees van Lupercalia gekombineer met St Valentines dag. Shakespeare het  die dag te romantieser in sy werke. Kommersialisering het die dag tot een van die groot geldmaak dae verander.

Die dag het dus sy oorsprong in heidense gebruike en kultusse en kan dus vanuit ‘n Christelike oogpunt nie goed gepraat word nie.

Cupid?