Uit my Kuierkombuis

Ons het nou al ‘n paar keer heerlike maalvleisgeregte gemaak.  Dit is altyd handig om een of twee pakkies maalvleis in jou vrieskas te hê. 

Die resep waarna ons vandag kyk,  vorm ‘n eenskottel gereg wat met groente of slaaie as bygeregte aangevul kan word,  aangesien die vleis en stysel reeds in een bak gaargemaak word.

Eenskottel frikkadel gereg

4 aartappels, gekook, effens afgekoel en daarna afgeskil

Sny in 2cm skywe en hou eenkant.

Maak nou frikkadelle met die volgende maalvleismengsel

Maalvleismengsel

60 ml droë rooi wyn

60 ml melk

250 ml sagte broodkrummels

1 kg binneboud maalvleis

1 eier liggies geklits

1 ui fyn opgesny

2 wortels fyn gerasper

5 ml sout

5 ml mostertpoeier

3 ml gemengde kruie

3 ml veggie speserye

Vars gemaalde swartpeper na smaak

Bolaag: (meng ligies saam)

4 snye brood gerasper

250 ml cheddarkaas grof gerasper

Metode:

  1. Week die broodkrummels in die wyn en melk.
  2. Voeg hierby die geklitste eier, gekapte ui, gerasperde wortels  en geurmiddels en meng goed deur.
  3. Voeg nou die maalvleis by en meng alles sorgvuldig deur tot goed gemeng.
  4. Rol nou frikkadelle tennisbal grootte en plaas dit in ‘n oondpan.
  5. Plaas die bolletjies entjie van mekaar sodat die aartappel skywe tussenin kan pas. Elke vleisbolletjie is dus nou tussen die aartappelskywe.
  6. Meng die broodkrummels en gerasperde cheddarkaas en strooi dit oor die frikkadel en aartappel gereg.
  7. Bak in ‘n voorverhitte oond van 180ºC vir 30 minute of tot goudbruin.
  8. Bedien saam met groente en indien verkies,  ‘n skeppie rys.