Turkye: Geen genade vir protesteerders

President Recep Tayyip Erdogan van Turkye het die protesteerders by die Bogazici Universiteit gewaarsku dat die regering “geen genade” sal betoon in sy optrede teen die betogers nie.

Die president het die reaksie getoon nadat internasionale kritiek uitgespreek is oor die optrede van die Turkse regering teenoor die demonstreerder.

Die president het ook nie gehuiwer om kritiek uit te spreek teenoor die lande wat sy optrede bevraagteken nie, en gesê die leiers moet hulle eerder bepaal by die onrus in hulle eie land.

Die student protes optogte het begin nadat Erdogan enkele weke gelede ʼn rektor aangewys het vir die universiteit wie verbintenisse het met die regerende politieke party van president Erdogan.

Hy het ook die VSA aangevat en gevra of die land nie skaam is oor die gebeure in hulle land tydens die verkiesingsveldtog toe massa opstande gevolg het weens brutale polisie optrede.