Turkse president sê Koerde is terroriste

Twee weke gelede het 12 Turkse burgers omgekom in die noordelike deel van Irak tydens ʼn militêre operasie wat uitgevoer is teen die Koerdiese Werkers Party.

Die voorval wat as ʼn sterk oorwinning vir die Koerde beskou word, word egter deur die Turkse presedent Erdogan gesien as terroriste wat uitegeroei moet word.

Verskeie waarnemers meen egter die president gebruik die voorval om politieke munt daaruit te slaan en die opposisiepartye in die skadu te stel.

Ingeligte bronne sê die Koerde is in ʼn militêre stryd gewikkel teen die aanvallers uit Turkye, en neem geen verantwoordelikheid vir die burgerlikes wat omgekom het tydens die aanval nie.

Die Koerde beweer ook dat die burgerlikes omgekom het toe Turkse vegters verskeie bomme gebruik het in hulle aanval teen die Koerde.