Staat van Beskuldiging teen Trump begin

Die Amerikaanse Senaat, wat nou ʼn Demokratiese Party meerderheid het, se goedkeuring om voort te gaan met die proses om Donald Trump in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Die Senaat het met 56 teen 44 stemme ten gunste van die proses besluit om voort te gaan om die vorige president in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Indien ʼn meerderheid ten gunste van skuldigbevinding sou stem in die Senaat, sal dit beteken dat Trump nie weer toegelaat sal word om ʼn openbare amp te beklee nie.

Trump word aangekla dat hy verantwoordelik was vir die massa protes optog na die Capitol gebou waar Joe Biden later ingehuldig sou word.

Ses Republikeine het saam met die Demokrate gestem dat die proses teen Trump voortgesit moet word, maar kenners wys daarop dat die Demokrate nie voldoende steun sal kry om Trump finaal skuldig te bevind in die Senaat nie.