Totsiens PE, vaarwel Baai

Dit sal nooit weer dieselfde wees nie. Port Elisabeth, of sommer die Baai, of sommer die Vriendelike Stad, is daar nie meer nie – dis nou die vreemde naam: Gqeberha.

Die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthetwa, het aangekondig dat ʼn aantal plekname verander in die Oos-Kaap waarby PE ingesluit is.

Die ANC se beheptheid met naamsveranderings het Suid-Afrikaners al lankal geirreteer terwyl die groter irritasie wat ondervind word, die bankrot regering wat die eens skatryk  Suid-Afrika besteel het tot rommelstatus.

Dit is die siening van ʼn bekende volkekundige in Pretoria nadat dit bekend geword het dat die Vriendelike Stad nou in ʼn morbiede gedaante verander word.

 Waar daar voorheen hoog opgegee is dat naamsveranderings gepaard gaan met inwoners se toestemming, is dit nou die ANC se bankrot regering wat met sy sogenaamde Geographical Names Council die veranderings teweegbring.