Teen-Sjinese optogte in Pakistan fees

 Die leiers in Pakistan het uitdrukking gegee in hulle ondersteuning aan die mense van Kasjmir wat aanspraak maak op selfregering ingevolge ʼn resolusie van die Verenigde Nasies.

Die Eerste Minister van Pakistan, Imran Khan, sê sy strewe na vrede behoort nie gesien te word as ʼn teken van swakheid nie.

Pakistan het verlede Vrydag gemerk as die jaarlikse “Dag van Solidariteit met Kasjmir” mmet die teen-Sjinese optogte in die stede.

Die streek wat onder dispuut is, waarvan Kasjmir deel is, is in twee verdeel tussen Pakistan en Indie sedert die onafhanklikheidswording in 1947.

Die twee kernwapen moondhede, Pakistan en Indië het sedertdien ʼn dispuut oor die streek, wie nou werklik die eienaars behoort te wees.

Die optogte wat gehou is, is die leiers se metode om te eis dat Kasjmir ʼn selfregerende gebied moet word deur eers ʼn referendum te hou onder die i9nwoners.

Saam met die leiers van Kasjmir, het die politieke leiers van Pakistan ook deelgeneem aan die protes optog, en die leiers eis dat kiesers die reg moet kry om in ʼn stemming te kies tussen Pakistan en Indië.