Tandarts verbeter beertjie se lewe

ʼn Koala beertjie is deur ʼn Australiese tandarts onder hande geneem wat gered is weens sy gebrek dat hy slegs die bene het.

 Nou is die beertjie so “herstel” deur die tandarts dat hy weer kan klim en hardloop met sy nuwe kuns voet, en word ietwat oorweldig deur die baie mense wat hom besoek om te sien hoe hy gevorder het.

Die beertjie, wat gedoop is Triumph was glo gered nadat vasgestel i dat hy net drie voete het en gevolglik nie kon boon klim of vinnig hardloop soos su maats nie.

Die beertjie is met die gebrek gebore, en die tandarts het tussenbeide getree en ʼn kuns voet gemaak, en die prostese gemonteer.

Blykbaar is daar tot sy redding gekom tydens die hewige bosbrande wat in Australië verwoesting gesaai het, en sou hy dit ook nie oorleef het as mense hom nie betyds gevind en gered het nie.

Die tandarts sê dat die beertjie, kort nadat die prostese aangeheg is, het hy begin rond hardloop en begin klim soos sy maats in die vreemde woude.

Sy was so aangedaan oor die sukses van haar poging om die klein diertjie te red, dat die trane vrylik gevloei het van blydskap.