Talle lande vaar beter as SA

Terwyl spanning aan die toeneem is tussen Suid-Afrika en Indië oor die R120 miljoen se Oxford entstof wat nutteloos is, word die kleiner lande met wysheid regeer om hulle inentings veldtogte te bestuur.

Colombia het reeds begin met sy veldtog deur gesondheidswerkers en bejaarde mense eerste te immuniseer. President Ivan Duque het gesê die veldtog begin in alle erns met die doel om die sterftes te bekamp tot die minimum, en bygevoeg dat Pfizer entstof bekom is en ʼn volgende besending word eersdaags afgelewer.

In Meksiko het die land se president ook bevestig dat begin is met die immunisering veldtog en het die mikpunt om alle inwoners ouer as 60 jaar, teen die einde van April ingeënt te kry, wat sowat 12 % van die land se bevolking uitmaak.

Meksiko het ʼn bevolking van sowat 128 miljoen en die mikpunt is om almal te immuniseer voor die einde van 2021. Die regering plaas geen verpligting op inwoners nie, en elkeen het die reg om immunisering te weier.

Intussen is verneem dat Zimbabwe ook sy eerste besending entstof gekry het en eersdaags met inenting sal begin, maar onbevestigde berigte dui daarop dat die land sy entstof gratis ontvang.