Swart Bevoordeling nodig met entstof

Die diskriminerende Swart Ekonomiese Bevoordeling (SEB) behoort toegepas te word met die beskikbaarstelling en inenting van mense vir die koronavirus.

Dit is die mening van ʼn swart sakegroep in Sentraal Transvaal, wat daarop aanspraak maak dat instansies en mense wat gekoppel is aan die uiters diskriminerende SEB, voorkeur moet geniet by die toediening van die entstof.

ʼn Volkekundige het aan Die Vryburger gesê die opmerking van die groep is ʼn teken van minderwaardigheid wat openbaar word, maar wat ook ʼn vorm van haatspraak kan wees.

Die groep, bekend as die “Black Business Group” gee dan ʼn uiteensetting van watter sektore eerste in aanmerking moet kom vir inenting.

Waarnemers reken die opmerking behoort deur die vervolgingsgesag od die Openbare Beskermer opgevolg te word.