Swaar sneeu ontwrig Texas

ʼn Massiewe sneeustorm het die grootste deel van Amerika getref, maar berigte dui daarop dat die deelstaat Texas die swaarste getref is,

Die storm wat in die noorde tot in Kanada die landskap verander het, is ook geteister met uitermatige lae temperatuur.

Meer as 4,3 miljoen woonhuise en sakeondernemings is reeds twee dae sonder elektrisiteit met skole en sakeondernemings wat nie bereik kon word nie en derhalwe gesluit gebly het.

 Die kragvoorsiener wat elektrisiteit aan 14 deelstate lewer, sê hy het ʼn algehele voorsienings probleem wat eers herstel moet word.

Die sneeustorm het ook ʼn tydelike demper om die koronavirus inenting veldtog veroorsaak en honderde voertuie is tot stilstand gedwing.

Sowat 400,000 dosisse entstof teen die koronavirus wat aan Texas afgelewer moes word, sal moet wag tot die paaie en lughawens weer gereed is.

President Joe Biden het met die Texas goewerneur gesels oor die moontlikheid van federale hulp, en later ook met vier ander goewerneurs in deelstate gepraat wat ook swaar betref is deur die storm.