Stryd verskerp tussen demokrate en Militariste

Die stryd tussen die demokrate van Mianmar en die generaals wat aan die hoof staan van die staatsgreep wat uitgevoer is, het verder verskerp.

Die militêre Juta het ʼn arrestasie bevel uitgereik teen ses hoë profiel persone wat na bewering die stakings en protes optogte gesteun het wat die hoofstede feitlik lamlê.

Die jongste arrestasies bring die totaal wat in aanhouding is, op sowat 500 te staan, maar die derduisende wat sonder om terug te deins, steeds verset optogte bywoon, is ʼn aanduiding dat die generaals nog lank nie beheer oor die land het nie.

Die universiteit in die hoofstad Yangon is naby ʼn sleutel snelweg netwerk geleë, en duisende protesteerders het die snelweg onbegaanbaar geblokkeer sodat die universiteit ook nie behoorlik kon funksioneer nie.

Later is vasgestel dat studente ook betrokke geraak het in die protes aksies, wat die optrede die kapers benadeel.