Streng wet teen drink en bestuur

As jy met die nuwe wet bots wat vereis dat jou alkohol vlak 0% moet wees, gaan jy nie net swaar beboet word nie, joy kan vorentoe nog groter probleme kry.

Die nuwe wet sal versekeringsmaatskappye die reg gee om in geval van ʼn ongeluk, jou eis van die hand te wys as jou alkohol toets nie 0% is nie.

Dit beteken dat motoriste onder geen omstandighede ʼn versekeringseis sal he indien hy in ʼn ongeluk betrokke is nie, al sou ʼn ander party die ongeluk veroorsaak het, en jy nie ʼn 0% getoets het vir alkohol inhoud nie.

Met die geweldige toename in voertuig ongelukke weens die misbruik van alkohol, het die wet ʼn noodsaaklike vereiste geword, en die verbanning van verkope van alkoholiese drank tydens die inperkings weens die koronavirus pandemie, het getoon dat voertuig ongelukke drasties afgeneem het.

Die nuwe wet wat klaarblyklik teen Junie vanjaar op die wetboek sal verskyn, is allerweë verwelkom, maar twyfel is uitgespreek oor die betroubaarheid van verkeersbeamptes en polisiebeamptes wat nie altyd die wet toepas soos vereis word nie.